Welkom by AGS Randburg Gemeente se webblad.  

In 2012 word AGS Randburg Gemeente gestig nadat daar tot die gevolgtrekking gekom is dat Randburg en omliggende omgewings n tekort het aan n tradisionele Afrikaans AGS Gemeente.

Dienste word gehou in die NG Kerk Ferndale gebou, om 10:30vm  elke Sondag, met die Sondagskool wat plaasvind tydens die diens.

Ons is n tradisionele AGS Gemeente wat Jesus Christus en die werking van Die Heilige Gees die fokus van ons dienste maak. Ons is een groot liggaan in Christus en glo dat n liggaam nie gesond en gelukkig kan wees wanneer n enkele lid van daardie liggaam ly nie. Daarom fokus ons op die bediening van ons lidmate en hul welstand.

Net so sien ons, ons kinders as nie net 'n deel van hierdie liggaam nie maar ook as n kritieke deel van die kerk van môre en dat hulle welstand net so belangrik is soos enige ander lidmaat van ons gemeente. Ons kinderbediening fokus daarop om ons kinders geestelik op te bou met n standvastige fondasie gebasseer op Bybelse beginsels om hulle sodoende toe te rus vir die wêreld daar buite.

Bring die hele gesin saam! Kom en geniet saam met ons die teenwoordigheid van Onse Hemelse Vader. Kom ontvang opnuut weer krag van Jesus, laat Hy jou siel verkwik, jou genees en jou sorge vir jou dra. Ons het klaar die oorwinning behaal deur Jesus Christus, nou is dit net tyd om dit te kom eis en joune te maak.

Ons Weeklikse Aktiwiteite:

Dienste: Sondae om 10:30
Woordskool: Sondae om 18:00

Bidure: Woensdae om 10:00 en 19:00

Kontak gerus vir Pastoor David Dannhauser vir meer besonderhede op: 

  • T:(011) 782-6998
  • S:0825202267